56 Jala, Darkon, Giddel,
57 Sefatja, Gattil, Pokeret-Sebajim en Ami.
58 Die tempel-slawe en die persone van die nageslag van Salomo se slawe was almal saam 392.
59 Daar het ook persone gekom uit die stede Tel-Melag, Tel Garsa, Kerub-Addan en Immer, maar hulle kon nie bewys aan watter families hulle behoort het en wie hulle voorvaders is en dat hulle Israeliete is nie.
60 Dit was 652 persone van die families Delaja, Tobija en Nekoda.
61 Die priester-families was Gobaja, Kos en Barsillai. Barsillai het getrou met ’n dogter van Barsillai van Gilead, en toe het hy homself ook Barsillai genoem.
62 Hierdie families het in die naamlys gesoek, maar hulle kon nie hulle name daar kry nie, daarom kon hulle nie meer priesters wees nie.