1 Die profete Haggai en Sagaria seun van Iddo het boodskappe gebring vir die Judeërs in Juda en Jerusalem. Die God van Israel wat oor die Judeërs regeer, het hulle gestuur.
2 Serubbabel seun van Sealtiël en Jesua seun van Josadak het toe weer begin om die tempel in Jerusalem te bou. Die profete van God was by hulle en het hulle gehelp.
3 Toe dit gebeur, het Tattenai, die goewerneur van Wes-Eufraat, en Setar-Bosnai en die ander amptenare saam met hulle na die Judeërs toe gekom en vir hulle gevra: “Wie het gesê julle moet hierdie tempel bou en sy dak opsit?”
4 Hulle het ook gevra: “Wie is die mense wat hierdie tempel bou? Wat is hulle name?”
5 Maar God het die leiers van die Judeërs beskerm. Hulle kon aanhou werk totdat Darius gehoor het wat gebeur het en hy besluit het dat hulle dit mag doen.
6 Tattenai, goewerneur van Wes-Eufraat, Setar-Bosnai en die ander hoë amptenare in Wes-Eufraat het vir koning Darius ’n brief gestuur.