5 Maar God het die leiers van die Judeërs beskerm. Hulle kon aanhou werk totdat Darius gehoor het wat gebeur het en hy besluit het dat hulle dit mag doen.
6 Tattenai, goewerneur van Wes-Eufraat, Setar-Bosnai en die ander hoë amptenare in Wes-Eufraat het vir koning Darius ’n brief gestuur.
7 Hulle het vir hom vertel wat gebeur, hulle het geskryf:Aan koning Darius: Ons hoop dit gaan baie goed met jou.
8 Ons wil hê dat die koning moet weet dat ons na die provinsie Juda gegaan het. Ons het daar ’n groot tempel gesien. Hulle bou die tempel se mure van groot klip en hout. Hulle doen die werk goed en hulle doen dit vinnig.
9 Ons het vir hulle leiers gevra: “Wie het gesê julle moet hierdie tempel bou en die muur regmaak?”
10 Ons het ook gevra wie die leiers is, sodat ons dit vir jou kan laat weet.
11 Hulle het toe vir ons geantwoord: “Ons is dienaars van die God van die hemel en die aarde, en ons bou weer die tempel wat lank gelede hier gestaan het. ’n Groot koning van die volk Israel het voorheen die tempel gebou en klaargemaak.