10 want hy het altyd gevra wat die wette van die Here sê en hy het dit gedoen. Hy het ook vir die Israeliete geleer wat die Here wil hê en wat Hy besluit het.
11 Die priester Esra het die wette van die Here goed geken. Koning Artasasta het vir Esra ’n brief gegee. Die koning het geskryf:
12 Artasasta, koning van konings, aan die priester Esra, wat die wette van die God van die hemel ken:
13 Ek sê dat elke Israeliet in my land, en ook elke priester en Leviet wat na Jerusalem wil gaan, saam met jou mag gaan.
14 Ek, die koning, en my raadgewers stuur jou om in Juda en Jerusalem te gaan kyk hoe dit gaan. Jy moet kyk of die Judeërs daar lewe soos jou God se wette sê, die wette wat jy by jou het.
15 Jy moet die silwer en die goud saamneem wat ek en my raadgewers gegee het vir die God van Israel. Sy tempel is in Jerusalem.
16 Jy moet ook al die silwer en goud saamneem wat jy kan kry in die provinsie Babel, jy moet dit neem saam met die presente wat die mense en die priesters gee vir die tempel van hulle God in Jerusalem.