13 Ek sê dat elke Israeliet in my land, en ook elke priester en Leviet wat na Jerusalem wil gaan, saam met jou mag gaan.
14 Ek, die koning, en my raadgewers stuur jou om in Juda en Jerusalem te gaan kyk hoe dit gaan. Jy moet kyk of die Judeërs daar lewe soos jou God se wette sê, die wette wat jy by jou het.
15 Jy moet die silwer en die goud saamneem wat ek en my raadgewers gegee het vir die God van Israel. Sy tempel is in Jerusalem.
16 Jy moet ook al die silwer en goud saamneem wat jy kan kry in die provinsie Babel, jy moet dit neem saam met die presente wat die mense en die priesters gee vir die tempel van hulle God in Jerusalem.
17 Jy moet hierdie geld gebruik om bulle, ramme en lammers te koop en ook die koring-offers en drank-offers wat daarby moet wees. Julle moet dit offer op die altaar by die tempel van julle God in Jerusalem.
18 Jy en die ander priesters mag die silwer en goud wat oorbly, gebruik soos julle dink is reg. Julle moet dit gebruik soos julle God wil hê.
19 Mense sal dinge vir jou gee om te gebruik vir die werk in die tempel van jou God. Jy moet dit vir die God van Jerusalem bring.