32 Ons het in Jerusalem gekom en ons het drie dae lank daar gebly.
33 Op die vierde dag het die priesterleiers die silwer en die goud en die goed geweeg in die tempel van ons God en hulle het dit vir die priester Meremot seun van Urija gegee. Eleasar seun van Pinehas was by hom, en die Leviete Josabad seun van Jesua en Noadja seun van Binnuï was ook daar.
34 Hulle het die goed getel en geweeg en hulle het opgeskryf hoeveel dit is.
35 Die mense wat gevangenes in Babel was en wat teruggekom het, het daardie tyd brand-offers gebring vir die God van Israel. Dit was twaalf bulle vir al die stamme van Israel, 96 skaap-ramme en 77 lammers. Hulle het ook twaalf bok-ramme gebring om ’n sonde-offer te wees. Alles was brand-offers vir die Here.
36 Die koning het alles wat hy besluit het, in briewe geskryf. Hulle het die briewe van die koning vir die hoof-amptenare en die goewerneurs van die provinsie Wes-Eufraat gegee, en hierdie amptenare het gedoen wat hulle moes doen vir die volk en vir die tempel.