10 Op die 24ste dag van die negende maand, in die tweede jaar nadat Darius koning geword het, het die Here met die profeet Haggai gepraat.
11 Die Here wat oor alles regeer, het gesê: “Vra vir die priesters:
12 Wanneer iemand gewyde vleis in sy klere dra en sy klere raak dan aan brood of aan gekookte kos of wyn of olie of enige ander kos, sal daardie kos dan ook gewy wees? Wat sê die wet?”Die priesters het geantwoord: “Nee, die kos sal nie gewy wees nie.”
13 Toe vra Haggai: “Wanneer iemand aan ’n lyk raak en hy word onrein, en hy raak dan aan hierdie kos, sal die kos ook onrein word?”En die priesters het geantwoord: “Ja, die kos sal onrein word.”
14 Toe sê Haggai: “Die Here sê: So is hierdie volk, so is hierdie mense voor My. En so is alles wat julle doen. Alles wat julle na die tempel bring om te offer, is onrein.
15 Julle moet kyk wat nou met julle sal gebeur. Voordat julle begin het om hierdie tempel weer te bou,
16 het julle swaargekry.“Wanneer iemand by ’n hoop koring gekom het en gedink het daar is 20 kruike vol koring, dan was daar net tien. Wanneer hy by ’n parskuip gekom het en gedink het daar is 50 kruike vol wyn, dan was daar net 20.