19 Is daar nog saad in julle stoorkamers? Nee. Daar was niks vrugte aan julle wingerdstokke, julle vyebome, julle granaatbome en julle olyfbome nie. Maar van vandag af sal Ek julle seën.”
20 Die Here het weer met Haggai gepraat op die 24ste dag van die maand en vir hom gesê:
21 “Sê vir Serubbabel, die goewerneur van Juda: Ek sal die hemel en die aarde skud.
22 Konings sal van hulle trone moet afklim. Ek sal hulle swak maak en Ek sal die oorlogkarre omgooi en die soldate doodmaak wat op hulle ry. Die perde en die manne wat op hulle ry, sal sterf. Die manne sal mekaar doodmaak.
23 “Die Here wat oor alles regeer, sê: Daardie dag sal jy, my dienaar Serubbabel, vir My soos ’n seëlring wees, want Ek het jou gekies om koning te word.”Dit sê die Here wat oor alles regeer.