9 Die man vir wie ek lief is,is soos ’n gasel, soos ’n jong takbok.Kyk daar, hy staan anderkant ons muur,hy kyk deur die vensters,hy loer deur die tralies.
10 Die man vir wie ek lief is, begin praat,hy sê vir my: ‘My liefste, my mooiste,jy moet opstaan, jy moet kom.
11 Want kyk, die winter is verby,dit reën nie meer nie.
12 Daar is weer blomme in die veld,dit is nou die tyd om te sing,ek hoor die duiwe koer in ons land.
13 Die vyeboom laat sy vye groot word,jy kan ruik dat die wingerdstokkeblomme kry.My liefste, my mooiste,jy moet opstaan, jy moet kom.
14 Jy is soos ’n duif tussen die rotse,’n duif wat wegkruip teen die hoë rotse,ek wil jou sien, ek wil jou hoor,jou stem is mooi en jy is mooi.’ ”
15 Sy sê: “Julle moet vir ons die jakkalse vang,die klein jakkalsies wat aan die wingerdstokke vreet,ons wingerdstokke wat nou begin blomme kry.