4 Jou nek is soos die toring van Dawidmet sy klippe in rye,daar hang 1 000 skilde aan die toring,dit is almal skilde van spesiale manne.
5 Jou twee borste is soos twee jong takbokkies,soos die tweeling-lammers van ’n gaselwat tussen die blomme wei.
6 Ek sal na die mirre-berg gaan,na die wierook-heuweltotdat die aandwind waai en die skaduwees verdwyn.
7 My liefste, alles van jou is mooi,daar is niks foute aan jou nie.”
8 Hy sê: “Bruid, kom saam met my van die Libanon-berg,jy moet saam met my kom van die Libanon-berg,jy moet afkom van bo-op die Amana-berg,van bo-op die Senir-berg en die Hermon-berg,weg van die plekke waar die leeus woon,weg van die berge van die luiperds.”
9 Hy sê: “My suster, my bruid,jy het my opgewonde gemaak,jy het my hart vinnig laat kloptoe jy net een maal na my gekyk het,net een stukkie van die ketting om jou nekhet my opgewonde gemaak.
10 My suster, my bruid, jou liefde is soet,jou liefde is lekkerder as wyn,jou olie ruik lekkerder as al die kruie.