6 Ek sal na die mirre-berg gaan,na die wierook-heuweltotdat die aandwind waai en die skaduwees verdwyn.
7 My liefste, alles van jou is mooi,daar is niks foute aan jou nie.”
8 Hy sê: “Bruid, kom saam met my van die Libanon-berg,jy moet saam met my kom van die Libanon-berg,jy moet afkom van bo-op die Amana-berg,van bo-op die Senir-berg en die Hermon-berg,weg van die plekke waar die leeus woon,weg van die berge van die luiperds.”
9 Hy sê: “My suster, my bruid,jy het my opgewonde gemaak,jy het my hart vinnig laat kloptoe jy net een maal na my gekyk het,net een stukkie van die ketting om jou nekhet my opgewonde gemaak.
10 My suster, my bruid, jou liefde is soet,jou liefde is lekkerder as wyn,jou olie ruik lekkerder as al die kruie.
11 My bruid, jou lippe proe soos stroop,daar is heuning en melk onder jou tong,jou klere ruik na die Libanon-berg.”
12 Hy sê: “’n Tuin wat ’n muur rondom het!My suster, my bruid, is soos ’n tuinwat ’n muur rondom het,’n fontein wat tóé is.