9 Hy sê: “My suster, my bruid,jy het my opgewonde gemaak,jy het my hart vinnig laat kloptoe jy net een maal na my gekyk het,net een stukkie van die ketting om jou nekhet my opgewonde gemaak.
10 My suster, my bruid, jou liefde is soet,jou liefde is lekkerder as wyn,jou olie ruik lekkerder as al die kruie.
11 My bruid, jou lippe proe soos stroop,daar is heuning en melk onder jou tong,jou klere ruik na die Libanon-berg.”
12 Hy sê: “’n Tuin wat ’n muur rondom het!My suster, my bruid, is soos ’n tuinwat ’n muur rondom het,’n fontein wat tóé is.
13 Jou arms is soos ’n tuin vol granaatbomesaam met baie kosbare kruie, henna en nardus,
14 nardus en saffraan, kalmoes en kaneel,saam met al die wierook-bome, mirre en aalwyn saam met al die beste kruie.
15 Jy is soos ’n fontein in ’n tuin, ’n putmet water wat borrel,en strome water van die Libanon-berg.”