2 Mense van Israel,julle moet terugkomna julle God die Here toe,want julle kry swaar.Dit is omdat jullesonde gedoen het.
3 Julle moet terugkomna die Here toe,julle moet vir Hom sê:“Vergewe asseblief ons sondeen luister na wat ons vir U wil sê.Hierdie woorde is ons offer.
4 Die koning van Assiriësal ons nie help nie,en ons wil nie weeroorlog maak nie.Ons sal nooit weer sê ’n beeldwat ons self gemaak het,is ons god nie.Ons is soos weeskinders,en ons weet dat Ugoed sal wees vir ons.”
5 Die Here sê:“Ek sal hulle gesond maaksodat hulle nie weersal weggaan van My nie.Ek sal baie lief wees vir hulle,Ek is nie meer kwaad vir hulle nie.
6 Ek sal vir die Israelieteso goed weessoos die dou vir die veld.Hulle sal so mooi groeisoos blomme,en hulle sal diep wortels hêsoos die bomeop die Libanon-berg.
7 Hulle jong takkies sal groeien hulle sal so mooi wordsoos ’n olyfboom,en hulle sal so lekker ruiksoos die bomeop die Libanon-berg.
8 Die mense sal weer woonin die skaduweevan die Libanon-berg.Hulle sal groei soos koring,hulle sal druiwe drasoos ’n wingerdstok,en hulle wyn sal so goed weessoos die wynvan die Libanon-berg.