15 Die Here het ook gesê:“Daardie dagsal die mense van Israel sê:‘U is ons God.’Hulle sal nie meer sê:‘U is ons Baäl’ nie.
16 Ek sal die Baäls se name wegvatuit die mense van Israelse mond,hulle sal nie meeroor die Baäls praat nie.
17 Daardie dag sal Ek hulle helpom ’n ooreenkoms te maak,’n ooreenkoms tussen hulleen die diere en die voëlsen al die klein diertjieswat op die grond kruip.Daar sal nie meer oorlog weesin die land nie,Ek sal hulle veilig laat woon.”
18 Die Here sê vir die mense van Israel:“Ek sal julle my volk maak,julle sal altyd my volk wees.Ek sal dit doensoos ’n man ’n bruid neem,dan is die bruid altyd sy vrou.Ek sal reg doen aan julle.Ek sal lief wees vir julleen goed wees vir julle.
19 Ek sal julle my volk maak,julle sal My altyd wil dien.Julle sal altyd nabydie Here wil wees.”
20 Die Here sê:“Daardie dag sal Ek praat.Ek sal praat met die lug,en die lug sal met die aarde praat,
21 en die aarde sal praatmet die koring en die wyn en die olyf-olie,en hulle almal sal praat met die mensevan Jisreël.