15 “Julle loop heen en weer in my tempelen julle maak slim planne,dit sal julle niks help nie.Julle offer baie vleis,maar dit sal nie julle swaarkry wegvat nie.Julle het slegte dinge gedoen,en julle mag nie nou juig nie.”
16 Die Here het gesê julle is soos groen olyfbomewat mooi vrugte dra, maar nou sal Hy vyande laat kom,en hulle sal skree en die olyfbome se blare brandof die blare van die takke af-eet.
17 Die Here wat oor alles regeer, het die olyfboom geplant, Hy het vir die Israeliete lewe gegee. Maar Hy het nou besluit dat hulle sal swaarkry, want die volk Israel en die volk Juda het slegte dinge gedoen. Hulle het vir Baäl wierook-offers gebring en so het hulle die Here kwaad gemaak.
18 Die Here het dit vir my gesê, en nou weet ek dit. Hy het my laat sien wat my vyande doen.
19 Ek was soos ’n mak lam, hulle wou my slag, maar ek het dit nie geweet nie. Hulle het planne gemaak teen my en hulle het gesê: “Kom ons kap hierdie boom af saam met sy vrugte. Ons wil hom wegvat van die mense wat lewe. Niemand moet onthou dat hy gelewe het nie.”
20 Here, U wat oor alles regeer, U is die Regverdige Regter, U weet wat mense dink. U moet vir my wys dat U my vyande straf, want ek het vir U vertel wat hulle gedoen het.
21 Die Here het gesê: “Jeremia, die manne van die stad Anatot wil jou doodmaak. Hulle het gesê: ‘Jy mag nie ’n profeet wees nie, jy mag nie sê die Here het jou gestuur nie. As jy dit doen, dan sal ons jou doodmaak.’ ”