3 Here, U ken my, U weet wat ek doen en hoe ek oor U dink. U moet my vyande straf, U moet hulle doodmaak soos ’n mens slagskape doodmaak.
4 Hoe lank sal die land nog treur? Hoe lank sal al die gras in die veld nog droog wees? Die diere en die voëls treur omdat die mense van die land so sleg is. Die mense het gesê: “Jeremia sal dood wees voordat ons dood is.”
5 Die Here het vir my gesê: “Jeremia, jy word moeg wanneer jy resies moet hardloop teen mense. Hoe sal dit met jou gaan wanneer jy teen perde moet hardloop? Jy is nie bekommerd in ’n land waar daar vrede is nie. Maar wat sal jy maak tussen die baie bome langs die Jordaan-rivier?
6 Jou broers, jou eie familie, verraai jou ook en hulle sê ander mense moenie na jou luister nie. Wanneer jou familie vriendelik praat met jou, dan moet jy hulle nie glo nie.”
7 Die Here sê:“Ek het ook weggegaan van my huis,Ek het gesê dit behoort aan My,maar ek wil dit nie meer hê nie.Ek is lief vir die volk,maar Ek het hulle vir hulle vyande gegee.
8 Die volk wat aan My behoort, het vir My gewordsoos ’n leeu wat in die bos vir My brul.Daarom haat Ek hulle.
9 Die volk wat aan My behoort, is soos ’n dooie dier,’n hiëna vreet daaraan terwyl die aasvoëls wag.Kom, maak al die wilde diere bymekaarsodat hulle ook kan kom vreet.