7 Die Here sê:“Ek het ook weggegaan van my huis,Ek het gesê dit behoort aan My,maar ek wil dit nie meer hê nie.Ek is lief vir die volk,maar Ek het hulle vir hulle vyande gegee.
8 Die volk wat aan My behoort, het vir My gewordsoos ’n leeu wat in die bos vir My brul.Daarom haat Ek hulle.
9 Die volk wat aan My behoort, is soos ’n dooie dier,’n hiëna vreet daaraan terwyl die aasvoëls wag.Kom, maak al die wilde diere bymekaarsodat hulle ook kan kom vreet.
10 Baie konings het my mooi land verwoes,niemand woon nou daar nie.Hulle was soos skaapwagters wat hulle skape injaagin ’n wingerd om alles plat te trap.
11 Hulle het die land verwoes,niemand woon nou daar nie.Die plante in die land is droog en verlep,en niemand is bekommerd daaroor nie.
12 Die mense het gekom oor die heuwelsin die woestyn waar daar niks plante groei nie,hulle het gekom om die land te verwoes.”Die Here het hulle gestuur,hulle is die swaard waarmee Hy mense doodmaakin die hele land.Daar is vir niemand vrede nie.
13 Die mense van Juda en Jerusalemhet koring gesaai, maar hulle het dorings gekry.Hulle het gewerk totdat hulle moeg was,maar hulle het niks gekry nie.Hulle het niks, want die Here is kwaad vir hulle.