2 Die mense van Juda rou, almal in die poorte van die stede huil en treur, hulle dra rouklere en hulle sit op die grond. Die mense van Jerusalem skree en vra iemand moet hulle help.
3 Die belangrike mense stuur die mense wat vir hulle werk, om water te gaan haal, hulle kom by die watergate, maar hulle kry nie water nie, hulle kruike is leeg wanneer hulle terugkom, hulle weet nie wat om te sê of te doen nie, hulle is moedeloos.
4 Die koringplante lê plat op die grond, want dit het nie gereën op die land nie. Die boere weet nie wat om te doen nie, hulle is moedeloos.
5 Ja, ook die takbok in die veld los haar lam en gaan weg, want daar is nie gras nie.
6 Die wildedonkies staan op die heuwels waar daar nie plante groei nie, en hulle ruik die lug soos jakkalse. Hulle oë is dof, want daar is nie gras nie.
7 Here, ons sonde praat teen ons,en U moet met ons doen wat U besluit,want U is die Here.Ons het baie maal opgehou om U te dien,ons het teen U sonde gedoen.
8 U is die Hoop van Israel,sy Redder wanneer dit sleg gaan.Hoekom is U soos ’n vreemdeling in die land,soos iemand wat verbygaan en netvan die pad afgaan om een nag daar te slaap?