1 Ek het gehoor die Here sê vir my:
2 “Jy moenie trou en kinders kryin hierdie plek nie,
3 want Ek sê die kinderswat op hierdie plek gebore word,en hulle ouers in hierdie land,
4 sal baie siek word en sterf.Niemand sal oor hulle huil en rouen hulle begrawe nie.Hulle sal op die grond bly lêsoos beesmis.Hulle sal sterf in oorlogof omdat hulle nie kos het nie,en die voëls en die dieresal hulle dooie liggame vreet.”
5 Ja, die Here het gesê: “Jy moenie in ’n huis kom waar mense saam eet om te rou nie, en jy moenie saam gaan rou en vir hulle wys jy is jammer nie, want Ek sal dit nie meer laat goed gaan met hierdie volk nie. Ek is nie meer lief en jammer vir hulle nie.
6 Die grootmense en die kinders in hierdie land sal sterf. Niemand sal hulle begrawe en oor hulle rou nie. Niemand sal homself stukkend sny of sy hare afskeer om te wys hy is hartseer oor hulle nie.
7 Wanneer iemand oor sy pa of oor sy ma rou, dan sal niemand vir hom ’n stukkie brood gee of vir hom iets gee om te drink om hom te troos nie.