11 ’n Mens wat ryk wordomdat hy ander mense bedrieg,is soos ’n fisant wat op ander fisantese eiers broei.So ’n mens sal alles verloor wat hy het,hy sal dit verloor voordat hy oud is,en hy sal sterf soos ’n dwaas.
12 Die plek waar ons tempel staan,was nog altyd hoog,die Here is daar,soos ’n koning wat op sy troon sit.
13 Here, U is God, Israel hoop op U.Dit sal sleg gaan met die mensewat weggaan van U.U skryf hulle name op, hulle sal sterf,want hulle het weggegaan van Uwat lewe gee.U is soos ’n fontein wat altyd water heten wat mense laat lewe.
14 Here, wanneer U my gesond maak,dan sal ek gesond wees,wanneer U my red,dan sal dit goed gaan met my.Ja, Ek sal U prys.
15 U hoor wat die mense sê.Hulle vra vir my:“As die Here jou gestuur het om te praat,wanneer sal die dinge gebeur wat jy sê?”
16 Here, ek het aangehouom ’n herder te wees vir u volken ek het nie gewens dat die dag gou moet kom nie,die dag wanneer U hulle sal straf.U weet wat ek gesê het, U het dit gehoor.
17 U moenie my laat bang word vir U nie,want ek wil na U toe kom en veilig wees by Uwanneer U begin om die mense te straf.