24 Julle moet nou goed luister. Julle moenie op die Sabbatdag iets dra deur die poorte van hierdie stad nie en julle moenie op die Sabbatdag werk nie. Dit moet ’n gewyde dag vir julle wees.
25 As julle gehoorsaam is, dan sal daar deur hierdie poorte konings en prinse kom wat sal regeer op die troon van Dawid. Hulle sal op oorlogkarre en perde ry, hulle en hulle amptenare en die mense van Juda en die mense wat in Jerusalem woon. Daar sal altyd mense in hierdie stad woon.
26 Hulle sal kom uit die stede van Juda, uit die plekke naby Jerusalem, uit die land Benjamin, uit die Laeveld, uit die Bergland en uit die Suid-land. Hulle sal offers na die tempel bring: brand-offers en koring-offers en wierook-offers, en hulle sal sing en vir die Here dankie sê.
27 Maar as hulle nie gehoorsaam is aan My nie en as hulle op die Sabbatdag iets dra deur die poorte van Jerusalem, dan sal Ek die stad aan die brand steek. Die mooi huise van Jerusalem sal verbrand, en die vuur sal aanhou brand.”