1 Ek, Jeremia, het gehoor die Here sê vir my:
2 “Jy moet na die pottebakker se huis gaan. Ek sal daar met jou praat.”
3 Ek het na die pottebakker se huis gegaan, en hy was toe besig om iets te maak.
4 Maar die ding wat hy van klei gemaak het, was nie reg nie, en toe maak hy van die klei iets anders soos hy dit wou hê.
5 Die Here het toe vir my gesê: “Jy moet vir die mense sê die Here sê:
6 Israeliete, Ek kan met julle doen soos die pottebakker met die klei doen.