19 Daarom vra ek, Jeremia:“Here, U moet my beskerm,U moet hoor wat my vyande sê.Ek het goeie dinge gedoen aan hulle,maar hulle wil ’n slegte ding doen aan my,soos wanneer iemand ’n gat grawe om ’n dier te vang.
20 U moet onthou dat ek mooi vir U gevra hetom hulle nie te straf nieen om nie meer kwaad te wees vir hulle nie.
21 Maar nou moet U hulle strafomdat hulle so doen aan my.U moet hulle kinders laat doodgaan van honger,en U moet vyande laat komom oorlog te maak teen hulle,U moet hulle vroue se kinders en hulle manslaat sterf.U moet hulle mans laat sterf van siekte,en hulle jongmanne moet sterf in oorlog.
22 Hulle wou my vangsoos ’n dier in ’n vang-gat of ’n vangstrik.Daarom bid ek dat hulle moet swaarkry,hulle moet skree dat iemand hulle moet helpwanneer U hulle vyande skielik soos rowers laat kom.
23 Here, U weet alles wat hulle wil doenom my dood te maak,U moenie goed word vir hulle nie,U moenie hulle sonde vergewe nie,U moet kwaad bly vir hulle, U moet hulle laat sterf.”