7 Ek kan nou sê Ek wil ’n volk of ’n land uitruk en omgooi en verwoes,
8 en wanneer daardie volk ophou om die slegte dinge te doen waaroor Ek hulle wil straf, dan sal Ek besluit Ek straf hulle nie.
9 Of Ek kan nou sê Ek wil ’n volk of ’n land bou en plant,
10 maar wanneer daardie volk ongehoorsaam is en dinge doen waarvan Ek nie hou nie, dan sal Ek besluit Ek sal nie aan hulle die goeie dinge doen wat Ek belowe het nie.
11 Daarom moet jy vir die mense van Juda en vir die mense wat in Jerusalem woon, sê die Here sê: Ek wil dit sleg laat gaan met julle, Ek het dit klaar besluit. Julle moet ophou om slegte dinge te doen, julle moet reg lewe en julle moet goeie dinge doen.
12 Jeremia, Ek weet die mense sal sê dit maak nie saak nie, hulle wil doen wat hulle wil. Hulle is hardkoppig, elkeen wil doen wat sy slegte hart vir hom sê.
13 Daarom sê Ek:“Gaan vra vir ander volkeof hulle al so iets gehoor het.Die Israeliete het ’n baie lelike ding gedoen.