24 sy hardloop in die woestyn inen ruik waar ’n bul is,niemand kan haar keer nie.’n Bul wat haar soek, kry haar maklikwanneer dit vir haar die regte tyd isom by ’n bul te kom.
25 Julle loop ver om die afgode te soek,julle loop totdat julle skoene stukkend is.Julle word dors op die pad na hulle toe,maar julle sê: ‘Dit maak nie saak nie,ons is lief vir die gode van ander volkeen ons sal saam met hulle gaan.’
26 Wanneer ’n dief gevang word,dan weet hy nie wat om te doen nie.So sal dit ook gaan met die volk Israelen met hulle konings, hulle amptenare,hulle priesters en hulle profete.
27 Hulle is mense wat vir ’n stuk houtof vir ’n klip sê:‘Jy is my pa, ek is jou kind.’Ja, hulle het hulle rug na My toe gedraai,nie hulle gesig nie.Maar wanneer dit sleg gaan met hulle,dan sê hulle: ‘Kom red ons!’
28 Maar waar is julle gode wat jullevir julle gemaak het?Hulle moet kom en julle redwanneer dit sleg gaan met julle,as hulle dit kan doen.Want, Juda, julle het net so baiegode gehad soos stede.
29 Hoekom sê julle dit is my skulddat dit sleg gaan met julle?Dit is julle almal watopstandig was teen My.”Dit het die Here gesê.
30 Hy sê:“Ek het julle kinders gestraf,maar hulle het nie geluister nie.Julle het julle profete doodgemaaksoos leeus diere doodmaak.”