29 Hoekom sê julle dit is my skulddat dit sleg gaan met julle?Dit is julle almal watopstandig was teen My.”Dit het die Here gesê.
30 Hy sê:“Ek het julle kinders gestraf,maar hulle het nie geluister nie.Julle het julle profete doodgemaaksoos leeus diere doodmaak.”
31 Julle wat nou lewe,julle moet hoor wat sê die Here:“Was Ek vir die Israeliete soos’n woestyn of soos ’n donker land?Hoekom sê my volk:‘Ons het weggegaan van U,ons wil nie terugkom na U toe nie?’
32 ’n Jongmeisie vergeet nie haar juwele nie,’n bruid vergeet nie haar trouklere nie.Maar my volk het My gou vergeet.
33 Julle weet baie goedhoe om ontrou te wees,ook slegte vroue kan by julle leer.
34 Julle het mense laat doodmaakwat nie verkeerd gedoen het nie.Hulle was arm mensewat nie gesteel het nie.Julle het dit alles gedoen,
35 maar julle sê:‘Ons het nie verkeerd gedoen nie,die Here is nie meer kwaad vir ons nie.’Ek wil julle nou straf omdat julle gesê hetjulle het nie sonde gedoen nie.