4 Nageslag van Jakob,al die families van Israel,julle moet luister na wat die Here sê.
5 Die Here vra:“Wat het Ek verkeerd gedoenteen julle voorvaders?Hoekom het hulle weggegaan van My?Hoekom het hulle saam met afgode geloop,afgode wat niks beteken nie?So het julle voorvaders self niks geword.
6 “Hulle het nie gevra:“ ‘Waar is die Here wat vir onsuit Egipte gebring het,die Here wat ons deur die woestyngebring het?’ nie.Dit is ’n droë plekwaar dit baie gevaarlik is,’n plek waar daar nie water is nieen waar dit donker is,’n plek waar niemand kom nieen waar niemand woon nie.
7 Ek het julle gebring in ’n landvol vrugtebomewaar julle lekker kon eet van alles,maar toe het julle my land onrein gemaak.Julle het die land wat aan My behoort,vuil gemaak met julle sonde.
8 Die priesters moes vir die mense sêwat Ek wil hê,maar hulle het nie gevra waar Ek is nie,hulle het My nie geken nie.Die mense wat oor my volk moes regeer,was téén My.Die profete het boodskappe van Baäl gebring,en hulle het afgode gedienwat niks beteken nie.
9 Daarom beskuldig Ek julle weer,julle en julle nageslag.
10 Ek sê vir julle: Gaan kyktot in die verste lande,in die Kittiër-eilande en in Kedar,gaan vra of so iets al daar gebeur het.