1 Die priester Pasgur was die hoof-opsigter van die tempel, en hy het gehoor wat Jeremia sê.
2 Pasgur het die profeet Jeremia geslaan en hy het Jeremia in die blok gesit wat in die tempelpoort, die Boonste Benjamin-poort, was.
3 Toe hy Jeremia die volgende oggend uit die blok haal, het Jeremia vir hom gesê: “Die Here sê jou naam is nie meer Pasgur nie, jou naam is nou Skrik-van-al-die-kante.
4 Ja, die Here sê: Ek sal jou laat skrik vir jouself, en jou hele familie sal skrik. Jy sal sien hoe hulle vyande hulle doodmaak. Ek gee al die mense in die land Juda vir die koning van Babel. Hy sal hulle oorwin en hy sal party mense doodmaak en party wegvat na die land Babel.