29 Die Here sê: “Die dinge wat Ek sê, is soos vuur. Dit is soos ’n hamer wat rotse stukkend slaan.
30 Daarom is Ek teen die profete wat sê wat ander profete sê, en wat dan sê dat Ek dit gesê het.
31 Ek is teen die profete wat self dinge uitdink, en dan sê hulle dit is Ek wat dit sê.
32 Ek is teen die mense wat sê Ek het hulle gestuur, en dan vertel hulle drome wat nie waar is nie. Hulle vertel drome en hulle bedrieg my volk. Hulle lieg, en dit maak nie vir hulle saak wat gebeur nie. Ek het hulle nie gestuur nie, Ek het nie gesê wat hulle moet sê nie. Hulle help nie hierdie volk wanneer hulle dit sê nie. Dit is seker.”
33 Die Here sê: “Wanneer hierdie volk of ’n profeet of ’n priester vir jou vra: ‘Wat het die Here gesê?’ dan moet jy vir hulle sê: ‘Hoekom vra julle wat die Here gesê het? Die Here wil nie meer met julle praat nie.’
34 Ek sal die profeet en die priester en die volk straf wat sê hy weet wat Ek gesê het. Ek sal die persoon straf wat dit sê, Ek sal ook sy familie straf.
35 Julle mag vir mekaar vra: ‘Wat het die Here geantwoord? Wat het Hy gesê?’