1 Die Here het vir my iets gewys. Daar was twee mandjies vye voor die tempel. Mense het die vye na die tempel gebring. Dit was nadat koning Nebukadnesar van Babel vir koning Jojagin van Juda saam met die amptenare en die ambagsmanne weggevat het uit Jerusalem na Babel. Koning Jojagin was die seun van Jojakim.
2 Die een mandjie se vye was baie goed, so goed soos vroeë vye. Maar die ander mandjie se vye was baie sleg. Dit was so sleg dat ’n mens dit nie kon eet nie.
3 Die Here het vir my gevra: “Jeremia, wat sien jy?” en ek het gesê: “Ek sien vye. Die goeie vye is baie goed en die slegte vye is baie sleg, so sleg dat ’n mens dit nie kan eet nie.”
4 Toe hoor ek die Here sê vir my: