7 Ek sal hulle harte verander sodat hulle My kan ken, want Ek is die Here. Hulle sal my volk wees en Ek sal hulle God wees, want hulle sal na My toe terugkom met hulle hele hart.
8 Maar soos die slegte vye wat ’n mens nie kan eet nie, so sal koning Sedekia van Juda vir My wees, hy en sy amptenare en die mense wat nog lewe hier in Jerusalem en in hierdie land, hulle en die mense wat in Egipte woon.
9 Dit sal sleg gaan met Sedekia en sy mense in al die lande waarnatoe Ek hulle sal wegjaag. Die ander mense sal met hulle maak wat hulle wil, die mense sal hulle name gebruik om ander mense sleg te sê en hulle te vervloek.
10 Maar voordat Sedekia en sy mense hier weggaan, sal Ek oorlog en honger en siektes stuur totdat daar nie meer mense is in die land wat Ek vir hulle en hulle voorvaders gegee het nie.”