10 Niemand sal hier feesvier nie en niemand sal trou nie, niemand sal in die oggend koring maal en niemand sal in die aand ’n lamp opsteek nie.
11 Die hele land sal vol hope klippe lê en niemand sal hier woon nie. Die mense wat hier was, sal vir die koning van Babel moet werk, 70 jaar lank.
12 Maar wanneer die 70 jaar verby is, dan sal Ek die koning van Babel en sy mense in Galdeër-land straf oor wat hulle gedoen het. Dan sal daar nie meer mense in daardie land woon nie.
13 Ek sal met daardie land alles doen wat Ek gesê het, alles wat Jeremia oor al daardie volke gesê het en wat in hierdie boek geskryf is.
14 Ook die Galdeërs sal vir baie volke en vir groot konings moet werk. Ek sal hulle straf oor wat hulle gedoen het.’ ”
15 Die Here, die God van Israel, het vir my gesê: “Ek gee vir jou hierdie beker met die giftige wyn. Ek stuur jou na verskillende volke toe, en jy moet hulle almal laat drink van die wyn.
16 Hulle sal drink en hulle bene sal bewe. Hulle sal soos mal mense word, omdat Ek mense stuur om oorlog te maak teen hulle.”