12 Maar wanneer die 70 jaar verby is, dan sal Ek die koning van Babel en sy mense in Galdeër-land straf oor wat hulle gedoen het. Dan sal daar nie meer mense in daardie land woon nie.
13 Ek sal met daardie land alles doen wat Ek gesê het, alles wat Jeremia oor al daardie volke gesê het en wat in hierdie boek geskryf is.
14 Ook die Galdeërs sal vir baie volke en vir groot konings moet werk. Ek sal hulle straf oor wat hulle gedoen het.’ ”
15 Die Here, die God van Israel, het vir my gesê: “Ek gee vir jou hierdie beker met die giftige wyn. Ek stuur jou na verskillende volke toe, en jy moet hulle almal laat drink van die wyn.
16 Hulle sal drink en hulle bene sal bewe. Hulle sal soos mal mense word, omdat Ek mense stuur om oorlog te maak teen hulle.”
17 Ek het die beker geneem wat die Here vir my gegee het. Ek het na al daardie volke toe gegaan en ek het die mense laat drink.
18 Ek het eerste na Jerusalem en die stede van Juda gegaan, en ek het hulle konings en amptenare laat drink. Die stede het hope klippe geword, en daar het toe niemand gewoon nie. Mense het daar geloop en fluit. Die Here het die land vervloek, daarom lyk die land vandag so sleg.