3 Voordat twee jaar verby is, sal Ek al die tempel-gereedskap terugbring wat koning Nebukadnesar weggevat het na Babel, Ek sal dit terugbring na hierdie plek.
4 En Ek sal ook vir Jojagin seun van Jojakim, koning van Juda, en almal wat uit Juda na Babel moes gaan, terugbring na hierdie plek. Ja, Ek sal die juk van die koning van Babel breek. Dit het die Here gesê.”
5 Die profeet Jeremia het die profeet Gananja geantwoord. Die priesters en al die mense wat in die tempel gewerk het, het dit gehoor.
6 Die profeet Jeremia het gesê: “Ek wens jy was reg. Ek wens die Here doen wat jy gesê het. Ek wens die boodskap wat jy gebring het, was waar, sodat die tempel-gereedskap kan terugkom na hierdie plek en ook die mense wat na Babel moes gaan.
7 Maar luister eers wat ek vir jou en vir al die mense sê:
8 Die profete wat lank voor my en jou gelewe het, het boodskappe gebring oor baie en belangrike lande. Hulle het gesê daar kom oorlog en die mense sal swaarkry en almal sal siek word en sterf van pes.
9 Maar wanneer ’n profeet ’n boodskap bring en hy sê daar sal vrede kom, dan moes die vrede eers kom en daarna het die mense geweet die Here het die profeet regtig gestuur.”