7 Maar luister eers wat ek vir jou en vir al die mense sê:
8 Die profete wat lank voor my en jou gelewe het, het boodskappe gebring oor baie en belangrike lande. Hulle het gesê daar kom oorlog en die mense sal swaarkry en almal sal siek word en sterf van pes.
9 Maar wanneer ’n profeet ’n boodskap bring en hy sê daar sal vrede kom, dan moes die vrede eers kom en daarna het die mense geweet die Here het die profeet regtig gestuur.”
10 Toe haal die profeet Gananja die juk van die profeet Jeremia se nek af en hy breek dit,
11 en hy sê sodat al die mense hoor: “Die Here sê: So sal Ek ná twee jaar die juk van die koning van Babel afhaal van die nekke van al die volke en Ek sal dit breek.”
12 Die profeet Jeremia het toe geloop. Maar nadat die profeet Gananja die juk van die profeet Jeremia se nek afgehaal het en dit gebreek het, het die Here vir Jeremia gesê:
13 “Gaan sê vir Gananja: Die Here sê jy het die houtjuk gebreek, maar jy moet nou ’n yster-juk maak,