21 Hy het gesê:“Ek het gehoor hoe die mense van Israel gehuil hetop die heuwels waar nie bome is nie.Hulle het gebid en gevra dat Ek moet luister,want hulle het verkeerd gedoen,hulle het hulle God die Here vergeet.
22 Kinders wat My verraai het,julle moet terugkom.Ek sal julle gesond maaksodat julle My nie weer verraai nie.”Die mense van Israel sê: “Hier is ons,ons kom na U toe, want U is ons God die Here!
23 Ons was baie besig om afgode te dien op die berge,maar dit het ons niks gehelp nie.Nee, dit is net ons God die Herewat vir Israel kan red.
24 Baäl, die god wat nie kan help nie,het van die begin af ons voorvadersse koring-oeste gevat,en ook hulle skape en bokke,hulle beeste, hulle seuns en hulle dogters.
25 Ons is baie skaam, elke dag en nag,want ons het sonde gedoenteen ons God die Here,ons en ons voorvaders,van die begin af tot nou toe.Ons was nie gehoorsaamaan ons God die Here nie.”