11 Die Here sê:“Ja, Ek is by julle om julle te red.Ek sal al die volke laat verdwyn,al die volke na wie toe Ek julle gejaag het,maar vir julle sal Ek nie laat verdwyn nie.Ek sal julle straf, Ek moet dit doen,Ek kan nie sê julle is onskuldig nie.”
12 Ja, die Here sê:“Julle seerplekke word nie gesond nie,julle sal miskien daarvan sterf.
13 Almal sê julle is skuldig,niemand help julle nie,julle seerplekke word nie gesond nie.
14 Almal wat lief was vir julle,het vir julle vergeet,hulle soek julle nie.Want Ek het julle geslaan soos ’n vyand,Ek het julle wreed gestrafomdat julle so baie verkeerde dingegedoen het,omdat julle sondes so baie is.
15 Hoekom skree julle en vraiemand moet julle help?Hoekom word julle nie gesond nie?Ek het hierdie dinge aan julle gedoenomdat julle so baie verkeerde dingegedoen het,omdat julle sondes so baie is.
16 Daar was mense wat vir julle opgeëet het,maar ander mense sal húlle nou op-eet.Ander mense sal al julle vyande vangen wegvat uit hulle land.Ander mense sal die goed vat van almalwat julle goed gevat het.Ek sal almal wegvat wat vir julle weggevat het.”
17 Die Here sê:“Ja, Ek sal nuwe vel laat groeioor julle seerplekkeen Ek sal julle gesond maakwaar julle seergekry het.”Die Here sê:“Ja, mense van Sion, die mense het gesêdie ander mense het julle alleen gelos,niemand soek julle nie.