7 “Dit gaan baie sleg met die mense van Israel. Daar was nog nooit so ’n dag nie, hulle kry swaar, maar Ek sal hulle red.”
8 Die Here wat oor alles regeer, sê: “Daardie dag sal Ek die juk van hulle nekke afhaal en Ek sal die bande breek. Hulle sal nie meer vir ander mense moet werk nie.
9 Hulle sal hulle God die Here dien en hulle sal ook hulle koning Dawid dien wat Ek sal kies en aanstel om oor hulle te regeer.”
10 Die Here sê:“En julle, my dienaars, nageslag van Jakob,julle moenie bang wees nie.Mense van Israel, julle moenie skrik nie,want Ek sal julle red daar ver waar julle is.Ek sal julle nageslag red uit die land waar hulle gevangenes is.Die nageslag van Jakob sal terugkom en veilig weesen niks sal hulle pla nie, niemand sal hulle skrikmaak nie.”
11 Die Here sê:“Ja, Ek is by julle om julle te red.Ek sal al die volke laat verdwyn,al die volke na wie toe Ek julle gejaag het,maar vir julle sal Ek nie laat verdwyn nie.Ek sal julle straf, Ek moet dit doen,Ek kan nie sê julle is onskuldig nie.”
12 Ja, die Here sê:“Julle seerplekke word nie gesond nie,julle sal miskien daarvan sterf.
13 Almal sê julle is skuldig,niemand help julle nie,julle seerplekke word nie gesond nie.