29 Voorheen het die mense gesê: ‘Die pa’s het suur druiwe geëet en daarom het die kinders se tande stomp geword.’ Hulle sal nie meer so sê nie.
30 Elke mens sal sterf oor die sondes wat hy self gedoen het, elkeen wat suur druiwe eet, se eie tande sal stomp word.”
31 Die Here sê: “Daar sal ’n tyd kom wanneer Ek ’n nuwe verbond sal maak met die mense van Israel en die mense van Juda.
32 Hierdie verbond sal nie wees soos die verbond wat Ek gemaak het met hulle voorvaders nie. Ek het hulle hande gevat om hulle uit die land Egipte te bring. Hulle het my verbond gebreek, maar hulle behoort nog aan My.”
33 Die Here sê: “Die verbond wat Ek later met die Israeliete sal maak, sal só wees: Ek sal my wette op hulle harte skryf sodat dit binne-in hulle sal wees. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.
34 Hulle sal nie meer vir mekaar leer of sê: ‘Jy moet die Here ken’ nie. Hulle almal sal My ken, onbelangrike en belangrike mense, want Ek sal hulle sondes vergewe, die dinge wat hulle verkeerd gedoen het, Ek sal nie meer dink aan hulle sondes nie.”
35 Die Here gee die sonom in die dag lig te gee,en in die nag gee Hy die sterreen die maan om lig te gee.Hy roer die see sodat die branderswild word.Sy Naam is die Here wat oor alles regeer.