1 Die Here het met Jeremia gepraat. Dit was in die tiende jaar nadat Sedekia koning van Juda geword het, en die agtiende jaar nadat Nebukadnesar koning van Babel geword het.
2 In daardie tyd het die koning van Babel Jerusalem aangeval van al die kante, en die profeet Jeremia was in die tronk in die binneplaas van die wagte van die koning van Juda.
3 Koning Sedekia van Juda het vir Jeremia daar in die tronk gesit omdat Jeremia ’n boodskap van die Here gebring het en gesê het: “Die Here sê: Ek sal die koning van Babel help om die oorlog teen hierdie stad te wen.
4 En koning Sedekia van Juda sal nie kan wegvlug van die Galdeërs nie. Ek sal hom vir die koning van Babel gee, dit is seker. Die koning sal self met Sedekia praat. Hy sal vir Sedekia sien
5 en hy sal hom wegvat na Babel. Sedekia sal daar bly totdat Ek weer oor hom sal besluit. Julle sal oorlog maak teen die Galdeërs, maar julle sal nie wen nie.”