38 Hulle sal my volk wees en Ek sal hulle God wees.
39 Ek sal hulle almal saam laat besluit om My altyd te dien en om te lewe soos Ek wil hê, sodat dit goed sal gaan met hulle en hulle kinders.
40 Ek sal ’n verbond met hulle maak vir altyd. Ek sal nie weggaan van hulle nie, Ek sal goed wees vir hulle. En Ek sal hulle harte verander sodat hulle My sal wil dien, en sodat hulle nie sal weggaan van My nie.
41 Ek sal dit geniet om goed te wees vir hulle. Ek sal hulle regtig in hierdie land plant, Ek sal dit doen met my hele hart.”
42 Ja, die Here sê: “Ek het hierdie volk laat swaarkry, net so sal Ek dit met hulle goed laat gaan soos Ek belowe het.
43 Julle sê hierdie land is leeg, daar is nie mense nie, en die Galdeërs het die diere weggevat, maar Ek sê: Mense sal weer hier grond koop.
44 Hulle sal geld betaal en grond koop en koopkontrakte skryf en ’n seël-merk daarop druk en getuies se name daarop skryf. Hulle sal dit doen in die land Benjamin en rondom Jerusalem en in die stede van Juda en in die stede van die Laeveld en in die stede van die Suid-land, want Ek sal dit weer goed laat gaan met hulle.”Dit sê die Here.