1 Koning Nebukadnesar en al sy soldate en al die volke oor wie hy regeer het, het oorlog gemaak teen Jerusalem en al die stede naby die stad. Jeremia het gehoor die Here sê vir hom:
2 “Die Here, die God van Israel, sê: Jy moet vir koning Sedekia van Juda gaan sê dat Ek sê: Ek gee hierdie stad vir die koning van Babel, en hy sal dit verbrand.
3 En jy sal nie kan wegvlug van hom nie. Sy soldate sal jou vang, dit is seker, en hulle sal jou vir hom gee. Jy en die koning van Babel sal mekaar sien en met mekaar praat, en jy sal na Babel gaan.”
4 Maar hoor wat sê die Here nog vir jou, koning Sedekia van Juda: “Jy sal nie in die oorlog sterf nie,