7 Dit was toe die soldate van die koning van Babel oorlog gemaak het teen Jerusalem en teen al die stede van Juda wat oorgebly het, ook teen die stede Lakis en Aseka, die enigste stede met sterk mure wat nog oorgebly het.
8 Jeremia het gehoor die Here praat met hom. Dit was in die tyd nadat Sedekia ’n ooreenkoms gemaak het met die mense in Jerusalem. Hulle het belowe dat hulle die slawe van hulle eie volk vry sal laat weggaan.
9 Elkeen moes sy Hebreeuse slaaf of slavin vry laat weggaan, sodat nie een Judeër ’n slaaf van sy eie volk het nie.
10 Al die amptenare en al die mense wat die ooreenkoms met die koning gemaak het om hulle slawe vry te laat weggaan, het dit gedoen.
11 Maar toe het hulle weer verander en hulle het die slawe en slavinne wat hulle vry laat weggaan het, weer laat terugkom. Hulle het hulle weer slawe en slavinne gemaak.
12 Jeremia het gehoor die Here sê vir hom:
13 “Die Here, die God van Israel sê: Ek het ’n verbond gemaak met julle voorvaders toe Ek hulle vrygemaak het uit Egipte waar hulle slawe was. Ek het gesê: