16 En toe hulle alles hoor, het hulle geskrik en hulle het vir mekaar en vir Baruk gesê: “Ons móét vir die koning sê wat jy hier geskryf het, dit is seker.”
17 Hulle het vir Baruk gevra: “Sê asseblief vir ons hoe het jy geweet wat jy alles moet skryf? Het Jeremia dit vir jou gesê?”
18 Baruk het vir hulle gesê: “Ek het die woorde geskryf wat Jeremia vir my gesê het. Hy het vir my alles gesê en ek het dit geskryf in die boekrol wat hy vir my gegee het.”
19 Die amptenare het vir Baruk gesê: “Jy en Jeremia moet gaan wegkruip. Niemand mag weet waar julle is nie.”
20 Die amptenare het na die koning toe gegaan, hy was in die binneplaas. Hulle het die boekrol in die kamer van die sekretaris Elisama laat bly. Hulle het vir die koning gesê wat Baruk in die boekrol geskryf het.
21 Die koning stuur toe vir Jehudi om die boekrol te gaan haal. Jehudi het die boekrol gebring uit die kamer van die sekretaris Elisama en hy het dit gelees vir die koning en vir al die amptenare by die koning.
22 Die koning het in die winterkamer gesit. Daar was ’n vuur in die kaggel. Dit was in die negende maand.