22 Die koning het in die winterkamer gesit. Daar was ’n vuur in die kaggel. Dit was in die negende maand.
23 Elke maal nadat Jehudi drie of vier stukke klaar gelees het, het die koning dit afgesny met ’n skrywersmes en dan het hy dit in die vuur gegooi wat in die kaggel gebrand het. Hy het aangehou totdat die hele boekrol verbrand was.
24 Die koning en al sy amptenare het nie bang geword toe hulle alles gehoor het nie, hulle het nie hulle klere geskeur nie.
25 Net Elnatan en Delaja en Gemarja het aangehou om vir die koning te sê hy moenie die boekrol verbrand nie, maar hy het nie na hulle geluister nie.
26 Die koning het vir sy seun Jeragmeël en vir Seraja seun van Asriël en vir Selemja seun van Abdeël gesê hulle moet die skrywer Baruk en die profeet Jeremia gaan vang. Maar die Here het vir Jeremia en Baruk weggesteek.
27 Nadat die koning die boekrol verbrand het waarop Baruk die woorde geskryf het wat Jeremia vir hom gesê het, het Jeremia gehoor die Here sê vir hom:
28 “Jy moet ’n ander boekrol neem en jy moet weer alles daarop skryf wat jy op die eerste boekrol geskryf het, die boekrol wat koning Jojakim van Juda verbrand het.