3 Die Here sê: Ek gee hierdie stad vir die soldate van die koning van Babel. Hulle sal dit oorwin, dit is seker.”
4 Die amptenare het vir die koning gesê: “Asseblief, hierdie man moet sterf, want hy sê hierdie dinge en dit maak die manne moedeloos wat oorgebly het in die stad. Hy maak ook al die ander mense moedeloos. Hy wil nie hê dit moet goed gaan met hierdie mense nie, hy wil hê dit moet sleg gaan.”
5 Koning Sedekia het gesê: “Julle mag met Jeremia doen wat julle wil, ek kan julle nie stop nie.”
6 Toe het die amptenare vir Jeremia gevat en hulle het hom met toue in ’n put laat afsak. Die put het behoort aan Malkihu, die seun van die koning. Daar was nie water in die put nie, daar was modder, en Jeremia het in die modder ingesak.
7 Die Kussiet Ebed-Melek, ’n paleisbediende, het gehoor dat hulle vir Jeremia in die put gesit het. Die koning het in die Benjamin-poort gesit,
8 en Ebed-Melek het uit die paleis gegaan en vir die koning gaan sê:
9 “Meneer die koning, hierdie manne het ’n slegte ding gedoen met Jeremia. Hulle het hom in ’n put gegooi sodat hy daar van honger moet sterf, want daar is nie meer kos in die stad nie.”