10 Nebusaradan het die arm mense wat niks gehad het nie, in die land Juda laat bly en hy het toe ook vir hulle lande en wingerde gegee.
11 Koning Nebukadnesar van Babel het vir Nebusaradan, die hoof-offisier, gesê wat hy met Jeremia moet doen. Hy het vir Nebusaradan gesê:
12 “Jy moet vir Jeremia laat haal en hom oppas. Kyk dat niks met hom gebeur nie, en doen wat hy vir jou sê.”
13 Nebusaradan, die hoof-offisier, en Nebusasban, die hoof-amptenaar, en Nergal-Sareser, die hoof van die soldate wat op oorlogkarre geveg het, en al die offisiere van die koning van Babel
14 het mense gestuur en hulle het vir Jeremia uit die binneplaas van die wagte gebring. Hulle het Jeremia vir Gedalja gegee en gesê hy moet Jeremia na sy huis bring. Gedalja was die seun van Agikam en Agikam was die seun van Safan. Jeremia het tussen die mense gaan woon.
15 Toe Jeremia nog in die binneplaas van die wagte was, het hy gehoor die Here sê vir hom:
16 “Jy moet vir die Kussiet Ebed-Melek gaan sê: Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Kyk, Ek sal alles laat gebeur wat Ek oor hierdie stad gesê het. Dit sal sleg gaan, nie goed nie. En jy sal sien wanneer dit gebeur.