14 het mense gestuur en hulle het vir Jeremia uit die binneplaas van die wagte gebring. Hulle het Jeremia vir Gedalja gegee en gesê hy moet Jeremia na sy huis bring. Gedalja was die seun van Agikam en Agikam was die seun van Safan. Jeremia het tussen die mense gaan woon.
15 Toe Jeremia nog in die binneplaas van die wagte was, het hy gehoor die Here sê vir hom:
16 “Jy moet vir die Kussiet Ebed-Melek gaan sê: Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Kyk, Ek sal alles laat gebeur wat Ek oor hierdie stad gesê het. Dit sal sleg gaan, nie goed nie. En jy sal sien wanneer dit gebeur.
17 Maar Ek sal jou red daardie dag. Jy is bang vir die manne, maar Ek sal jou nie vir hulle gee nie. Ja,
18 Ek sal jou vry laat wegkom, dit is seker. Jy sal nie in die oorlog sterf nie. Jy sal niks hê nie, maar jy sal lewe omdat jy geglo het dat Ek jou sal help.”Dit het die Here gesê.