5 Maar die soldate van die Galdeërs het hulle gevolg en gejaag en hulle het vir Sedekia gekry op die droë gelyk grond by die stad Jerigo. Hulle het hom gevang en hulle het hom na koning Nebukadnesar toe gebring in die stad Ribla in die land Hamat. Nebukadnesar het besluit hoe hy vir Sedekia wil straf.
6 Hy het Sedekia se seuns en al die belangrike mense van Juda daar in Ribla laat doodmaak terwyl Sedekia moes kyk.
7 Toe het hy Sedekia se oë uitgesteek en hy het hom met kettings laat vasbind om hom na Babel te vat.
8 Die Galdeërs het die paleis en die huise in Jerusalem afgebreek en hulle het die stad verbrand.
9 Nebusaradan, die hoof-offisier van die koning van Babel, het die mense wat in Jerusalem oorgebly het, gevang en weggevat na Babel, en ook die mense wat weggeloop het na die Galdeërs toe om saam met hulle te veg.
10 Nebusaradan het die arm mense wat niks gehad het nie, in die land Juda laat bly en hy het toe ook vir hulle lande en wingerde gegee.
11 Koning Nebukadnesar van Babel het vir Nebusaradan, die hoof-offisier, gesê wat hy met Jeremia moet doen. Hy het vir Nebusaradan gesê: