27 Ja, die Here sê:“Die vyande sal die hele land verwoes,maar nie alles nie.
28 Ek het gesê wat Ek besluit het,en Ek sal dit doen.Daarom sal die plante in die landdroog word en verlep,en die lug daar bo sal swart word.
29 Al die mense in die stad sal vlugwanneer hulle hoor dat die soldate kom,die soldate op perde en die soldate met pyl en boog.Die mense in die stad sal in die bosse in vlugen teen die rotse probeer opklim.Daar sal niemand oorbly in die stad nie,niemand sal daar woon nie.
30 En jy, Jerusalem, stad wat verwoes is,hoekom maak jy soos ’n vrouwat rooi klere aantrek en goue juwele aansiten oogverf aan haar oë smeer?Jy het jou mooigemaak, maar dit help niks.Jy het probeer om vriende te maak,maar jou vriende haat jou nouen hulle wil jou doodmaak.
31 Ja, Ek hoor iemand skree soos ’n vrouwat haar eerste baba kry.Dit is Jerusalem wat nie asem kry nie,wat haar hande uitsteek en sê:‘Dit gaan sleg met my,ek kan niks meer doen nie,hulle vermoor my.’ ”